Show simple item record

dc.contributor.advisorBonthuys, Marni
dc.contributor.authorEss, Courtneigh
dc.date.accessioned2021-04-09T11:58:22Z
dc.date.available2021-04-09T11:58:22Z
dc.date.issued2021
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/8183
dc.descriptionMagister Artium - MAen_US
dc.description.abstractBettina Wyngaard se misdaadfiksie-trilogie, bestaande uit die romans Vuilspel (2013), Slaafs (2016) en Jagter (2019) het ’n vernuwende uitwerking in die Afrikaanse literatuur gehad. Dit kan hoofsaaklik teruggevoer word na die skrywer se gebruik van ’n (swart) lesbiese protagonis. Wyngaard is ook die eerste swart Afrikaanse vroue-outeur wat haar tot hierdie genre gewend het. Haar misdaadtrilogie toon ’n sentrale bemoeienis met die vroulike subjek se ondergeskikte posisie as deurgaans onderdruk weens verskeie identiteitsaspekte (waaronder ras, gender, klas, seksualiteit, kultuur en nasionaliteit tel). Die simbiotiese verhouding tussen identiteit en mag is dus ’n prominente tematiek in die trilogie. Hierdie bemiddeling tussen identiteit en mag toon raakpunte met die interseksionaliteitsteorie soos voorgestel deur Kimberlé Crenshaw (1989). Sy voer aan dat subjekte onderdruk word deur die tussenspel van identiteitsmerkers en sisteme van onderdrukking wat inherent is daaraan. In hierdie verhandeling word die representasie van die vroulike subjek in Wyngaard se misdaadtrilogie uit ’n interseksionele invalshoek in oënskou geneem. Vanweë die gebruik van literatuur as subjek van analise in hierdie verhandeling, word swart feministiese denkskole oor die letterkunde ingereken as ontledingsinstrumente om Wyngaard se trilogie binne die ruim trajek van swart feministiese fiksie te posisioneer. Terselfdertyd word Wyngaard se subjektiwiteit as swart vroue-outeur krities bekyk omdat sy deur middel van haar tekste verantwoordelik is vir beeldskepping en voorstellings van vroulike subjekte. Aangesien Wyngaard se fiksie dikwels identiteitsaspekte ondervang wat verband hou met haar eie subjektiewe identiteit, sal die wyse bekyk word waarop selfdefiniëring en selfaktualisering in haar trilogie tot stand gebring word.Soos reeds genoem, het Wyngaard grense in die Afrikaanse letterkunde versit deur haar tot misdaadfiksie as genre te wend. As deel van populêre fiksie, staan misdaadfiksie tradisioneel bekend as ’n behoudende genre met ’n resepmatige onderbou wat, só beskou, nie gebruik word om progressiewe argumente in te voer nie. Hierdie aspek van die genre staan dus oënskynlik in kontras met die feministiese aard van Wyngaard se misdaadfiksie-trilogie. In hierdie verhandeling word gevolglik ook die funksionaliteit van genre en die impak daarvan op die beeldskepping van die vroulike subjek bekyk. Maniere waarop Wyngaard gevestigde genrekonvensies oorskry in ’n poging om feministiese benaderings te berde te bring, word in die besonder bestudeer.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectIntersectionalityen_US
dc.subjectIdentityen_US
dc.subjectRepressionen_US
dc.subjectPatriarchyen_US
dc.subjectSubjectivityen_US
dc.subjectCrime fictionen_US
dc.subjectBlack feminismen_US
dc.subjectPostcolonial feminismen_US
dc.subjectGenreen_US
dc.subjectRaceen_US
dc.titlen Interseksionele lees van Bettina Wyngaard se misdaadtrilogie (An intersectional reading of Bettina Wyngaard’s crime-fiction trilogy)en_US
dc.typeThesisen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US
dc.description.countrySouth Africaen


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record